Back To main menu click here
Home Up

Varkboud

Home
Up

Gebraaide Varkboud



Bestanddele vir Marineermengsel
1 bottel ligte wyn
2 eetlepels sout
1 teelepel jamaikapeper
2 eetlepels bruinsuiker
1 teelepel naeltjies
1 teelepel piment

Metode
Meng al die droë bestanddele goed saam. Vryf in varkvleis in (en hou 'n bietjie oor om prosedure na 24 uur te herhaal). Gooi helfte van bottel ligte wyn in geskikte houer. Plaas vleis daarin. Laat in yskas staan en draai elke 12 uur om. Vryf res van soutmengsel na eerste 24 uur in vleis in. Kook varkvleis op derde dag in marineermengsel waarin dit gelê het en voeg die res (halfbottel) van die wyn by. Kook tot sag, verwyder uit vloeistof. Sprinkel meelblom en sout (gemeng) oor vleis. Braai in taamlik warm oond tot vleis sag en vel krakerig is. Dis die manier om varkvleis die heerlikse gaar te braai. Die deel wat oorbly, vorm een van die beste kouevleissoorte waarom 'n mens kan wens.