Back To main menu click here
Home Up

Varklende

Home
Up

Gebraaide varklende-skywe

Moenie die vleis té droog braai nie. Maak net seker dat dit gaar is. Genoeg vir twee mense.

30 ml vars gekapte koljanderblare
1 bakkie (200 g) créme fraîche
Cajun-speserye* na smaak
4 varklende-skywe
5 ml kookolie
Maak 'n sous deur die eerste twee bestanddele saam te meng en hou eenkant.
Sprinkel speserye oor die vleis. Giet olie in pan en laat goed warm word.
Braai vleis vinnig aan weerskante tot gaar.
Lig uit pan en dien op met groenbone en sous. Jy kan ook aartappels of skyfies hierby voorsit.
*Indien die speserye nie beskikbaar is nie, vervang dit met 5 ml witpeper, 5 ml matige rissiepoeier en 'n knippie wonderpeper.
Jy kan ook appelsous pleks van créme fraîche gebruik.