Back To main menu click here
Home Up

Varkvleis

Home
Up

Feestelike varkribbetjies

3 kg varkribbetjie (spare ribs)
1 ui, in fyn blokkies gekap
1 bos sprietuie, fyngekap
2 huisies knoffel, gekneus
15 ml gerasperde, vars gemmer
100 ml kookolie
5 ml gedroogde tiemie
15 ml pimento
5 ml gemaalde kaneel
15 ml rooipeper
'n skeut sojasous
100 ml heuning

Let daarop dat die ribbetjies gaar moet wees voordat jy dit marineer. Indien verkies, rooster die vleis teen 190°C vir sowat 45 minute of posjeer. Die ribbes kan vir 'n paar dae in die yskas, met of sonder marinade, gehou word.
Om te marineer, meng al die bestanddele saam en laat vleis daarin lê. Braai oor matige hitte en smeer marinade van tyd tot tyd oor. (Die braaiproses behoort sowat 20 minute te duur.)