Back To main menu click here
Home Up

Varkvleisrol

Home
Up

Gevulde varkvleisrol

Gebruik ontbeende varklende hiervoor. Die vulsel maak dit iets besonders. Rangskik dit op bord met slaai.
Die lende
1, 5 kg varklende, ontbeen
Sout en swartpeper na smaak
10 ml growwe sout
kookolie om mee te smeer

Vulsel
1 medium ui, fyn gekap
1 medium appel, fyn gekap
20 ml ingemaakte gemmer in stroop, opgekap
gerasperde skil en sap van 'n lemoen
45 ml vars pietersielie, gekap
100 g vars broodkrummels

sout en vars gemaalde peper na smaak

Stel die oond op 190°C. Besprinkel die lende met geurmiddels. Skep die vulsel op die vleis. Laat sowat 15 mm rondom oop. Rol die vleis op. Bind die rol elke 30 mm styf met tou vas. Strooi growwe sout oor en bestryk met 'n bietjie olie.
Weeg die vleis en bak 30 minute per 450 g, plus 30 minute. Plaas die naat na onder op die rakkie van 'n oondpan. Bak op die middelste rak van die voorverhitte oond. Laat die vleis sowat 15 minute rus voor dit gesny word. Behou die pansappe om 'n sous te maak.

Appelsous
Die sous kan ook reeds die vorige dag gemaak word.

6 kookappels geskil, ontkern en in kwarte gesny
65 ml ligte bruinsuiker

gerasperde skil en sap van 'n
suurlemoen
knippie gemaalde kaneel en naeltjies na smaak
'n bietjie water

Plaas al die bestanddele in 'n kastrol en kook tot gaar. Maak fyn. Dit moet die tekstuur van 'n dik sous hê.