Back To main menu click here
Home Up

Visgeregte

Home
Up

Geelstert met groente en feta
1 kg geelstert-mote, ontgraat en ontvel
sout en vars gemaalde swartpeper
na smaak
kookolie om vis in te bak
1 hoeveelheid basiese tamatiesous
10 ml balsamiese asyn
15 ml ingelegde kappertjiesaad, gedreineer
300 g gaar, gekookte baba-aartappeltjies, in skywe gesny
100 g fetakaas
300 g vars jong groen boontjies, gaar maar bros
4 hardgekookte eiers

Berei die vis deur dit te was, met sout en peper te geur en in die yskas te plaas. Haal later uit die yskas en bak in verhitte olie tot gaar. Hou eenkant.
Meng die tamatiesous met die asyn en die kappertjiesaad. Geur na smaak. Plaas die aartappelskywe onder in ´n opdienbord en krummel die kaas bo-oor. Skep die groen bone op die kaas, gevolg deur die vis. Sny die eiers soos verkies en garneer die bord daarmee. Bedruip met die tamatiesous of dien op soos verkies. (Genoeg vir vier porsies).

Wenk
Vis bly ferm en hanteer makliker as jy dit eers ´n rukkie in die yskas bêre.