Back To main menu click here
Home Up

Vispilau

Home
Up

Vispilau

Gebruik 'n middelmatige kabeljou of 'n geelbek. Sny in skywe en stoof saggies in 'n ryk sous en gooi daaroor die pilau, wat soos volg gemaak word:

Kook 0.5 kg rys met 'n teelepel wonderpeper ("all-spice"), peper en sout. Voeg daarby 2 eetlepels botter goed ingeroer net voordat die rys opgeskep word. Versier met skyfies hardgekookte eier.

Die sous word soos volg gemaak:

500 ml sopsous ("stock")
2 blaartjies foelie
4 naeltjies
1 klein uitjie
Skil van 'n halwe suurlemoen
2 lourierblare
Pietersielie

Maak dik met 'n bietjie fynmeel en 'n eetlepel botter. Gooi deur voordat dit gebruik word. |