Back To main menu click here
Home Up

Volstruis

Home
Up

Volstruis met sjerrie en sampioene

olyfolie om in te braai

een groot ui, gekap

10 klein geskilde uitjies

15 ml bruin mosterdsaad

500 g volstruisghoelasj

15 ml koekmeel

10 ml vleisekstrakpoeier aangemaak met

sowat 750 ml kookwater

30 ml tot 45 ml soet sjerrie

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g elk swart-, dwerg- en oestersampioene, opgesny

30 ml gekapte vars pietersielie

Verhit die olie en braai die gekapte ui en klein uitjies bruin. Voeg die mosterdsaad by. Bestrooi die ghoelasj met die meel. Voeg die vleis in die pan wanneer die saadjies begin skiet. Wanneer die vleis begin verbruin, voeg die vleisekstrak en sjerrie by sodat die vleis net bedek is. Verhit tot kookpunt, bedek, verlaag die hitte en laat prut sowat 30 minute. Voeg sout en peper by en kook nog 15 tot 20 minute tot die vleis gaar is. Roer die sampioene, pietersielie by en geur met nog sout en peper, indien verkies. Dien op met romerige polenta.