Back To main menu click here
Home Up

Vrugte sosatie

Home
Up

Tropiese vrugte sosatie
met pynappelsous

(Maak ongeveer 18 sosaties)
- 4 piesangs
- 1 avokado
- 60ml vars suurlemoensap
- 440g vars pynappel, opgesny in 2cm x 2cm blokkies
- 150g vars aarbeie
- 150g vars kersies, ontpit

Pynappelsous
- 30ml mielieblom
- 300ml water
- 300ml suiker
- 2 eiergele
- 250ml vars pynappelsap
- 35ml vars suurlemoensap

Skil en sny piesang en avokado in 2cm blokkies. Besprinkel met suurlemoensap sodat dit nie verkleur nie.
Ryg die ander vrugte om die beurt in op die stokkie.

Vir sous:
Meng mielieblom, water, suiker en eiers in 'n pan en bring tot kookpunt, roer gedurig.
Voeg die helfte van die pynappelsap by en roer vir omtrent 1 minuut tot dikker raak.
Voeg oorblywende pynappelsap en suurlemoensap by, verhit deur en verwyder van hitte.
Laat afkoel en gooi oor vrugtestokkies.