Back To main menu click here
Home Up

Warm

Home
Up

 

Warm slaai met sampioene en spek

30 - 45 ml olyfolie
8 repe spek, gekap
250 g sampioene, in skywe gesny
1 huisie knoffel, fyngekap
30 ml gekapte pietersielie
1 sny dag-oud brood, in blokkies gesny
Sous
45 ml olyfolie
5 ml sjerrie
20 ml balsamiese asyn
2,5 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
slaaiblare

Dié slaai moet dadelik geëet word, anders verlep die blare.
Verhit 15 ml van die olie in 'n pan. Braai die spek tot bros. Haal uit en hou eenkant. Gooi res van olie in dieselfde pan en verhit. Soteer sampioene, knoffel en pietersielie totdat die vloeistof verdamp het. Sampioene moet effens gekarameliseer wees.
Haal uit pan en braai broodblokkies daarin. Indien nodig, voeg meer olie by.
Meng bestanddele vir sous en klop liggies.
Rangskik slaaiblare in 'n mooi bak. Sprinkel slaaisous oor en skep warm bestanddele beurtelings daarop.
Werd om te weet: As jy sampioene braai, trek hulle na 'n rukkie water. Braai verder tot vloeistof verdamp. Hierdie tweede braaiproses gee die eintlike geur aan sampioene. Wat geur betref, gaan knoffel en sampioene hand aan hand.
Dié gereg is geskik vir vegetariërs of kan saam met vleis of vis voorgesit word.
 

Sampioen-en-aartappel-gebak
250 g bruin sampioene
50 ml botter
1 huisie knoffel, fyn gekap
30 ml pietersielie, gekap
900 g aartappels*, geskil en in dun skywe gesny
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
400 ml groente- of hoenderaftreksel

Stel oond op 200°C. Vee sampioene skoon en sny in skywe (stingels ingesluit). Smelt helfte van die botter en braai knoffel en pietersielie tot effens bruin.
Smeer 'n oondbak en pak helfte van die aartappelskywe op bodem. Geur elke laag. Skep sampioene op en plaas res van aartappelskywe bo-op. Giet aftreksel oor, sodat dit net onderkant boonste laag aartappels lê. Stip met res van botter en bedek met tinfoelie (blink kant binne).
Bak sowat een uur, maar verwyder foelie ná 40 minute. Aartappels behoort sag te wees en bokant bruin.
*Moet verkieslik nie vars aartappels uit die grond gebruik nie, aangesien hulle nie al die vloeistof sal absorbeer nie. So nie, gebruik minder aftreksel.



Sampioen-en-aartappelgebak

'n Vullende gereg waarvan vegetariërs baie sal hou.

90 ml olyfolie
900 g baba-aartappels, in kwarte gesny
3 middelslag-uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
500 g gemengde sampioene, in skyfies gesny
100 ml tamatiepasta
10 ml vars tiemie
300 ml wit wyn
300 ml hoenderaftreksel
250 ml dik room
400 g murgpampoentjies, in ringe gesny
375 ml gerasperde sterk kaas
250 ml gerasperde parmesaan
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
300 ml Griekse jogurt
2 ekstra groot eiers, geklits
vars pietersielie en tiemie vir garnering

Stel die oond op 200°C. Giet 60 ml van die 90 ml olie in 'n groot oondpan. Plaas die aartappels daarin en bak sowat 40 minute tot gaar en goudbruin in die voorverhitte oond.

Verhit die res van die olyfolie in 'n groot swaarboompan. Soteer die uie sowat 10 minute tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by en braai 5 minute oor hoë hitte. Voeg die tamatiepasta, tiemie en wyn by. Bring tot kookpunt. Laat prut 2 minute. Voeg die aftreksel en room by. Laat weer opkook. Laat prut 20 minute tot die vloeistof verminder het en stroperig lyk. Giet in 'n oondbak van sowat 2,3 liter. Skep die aartappels en murgpampoentjies by. Strooi die kaas en die helfte van die parmesaan oor. Geur goed.

Meng die jogurt met die geklitste eiers en geur. Skep lepelsvol oor die groente en strooi die res van die parmesaan bo-oor. Bak 30 tot 35 minute tot goudbruin en borrelend in die voorverhitte oond.


Wenke
Indien verkies, kan dié gereg ongebak gevries word. Laat oornag ontdooi en bak by dieselfde temperatuur, net 10 minute langer
Sit voor met braaivleis.

Kampioen-sampioen-wenke
Moenie sampioene afwas nie. Vee dit net skoon met 'n klam lap of kombuispapier.
Sampioene bly langer vars as dit tussen lae kombuispapier in 'n lugdigte houer in

 WARM RYSSLAAI

4 Koppies gaar geel rys
2 Groot uie in blikkies gesny
1 Pak bruin ‘mushrooms' opgesny
4 Repies spek in blokkies gesny
2 Huisies knoffel opgekap
Speserye en swart peper
1 Blik ertjies (gooi water af)
4 Eetlepels chutney
4 Eetlepels tamatiesous
½ Koppie water
 

Metode:

Braai uie en knoffel tot sag.
Braai spek en mushrooms by.
Voeg sout, speserye, tamatiesous en chutney by.
Meng ½ koppie water by.
Kook mushrooms tot sag.
(Die mengsel moenie droog wees nie, gooi liewer nog bietjie water by)
Meng blik ertjies by.
Laaste meng die gaar rys by in.
Bedien warm.
 

KERRIE PERSKE-PASTA SLAAI

250 g Skulpnoedels
7 ml Sout
25 ml Kookolie
75 ml Perskestroop
1 Groot ui fyngekap
250 ml Mayonnaise
75 ml Vrugte blatjang
1 Blik ertjies,
15 ml Matige kerrie poeier
10 ml Borrie
1 Blik taaipit perskes gedreineer en klein gesny
 

Metode:

Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af.
Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut.
Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes en ertjies by.
Vou kerriemengsel en noedels liggies by.