Back To main menu click here
Home

Gnocchi Napoletana

Home

Gnocchi Napoletana

D e e g
3 middelslag-aartappels (sowat 360 g)
1 eier
375 ml koekmeel
sout en gemaalde neut na smaak

S o u s
1 blik (410 g) gekapte uie-en-tamaties
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml gedroogde basiliekruid
2,5 ml gedroogde tiemie
5 ml marjolein
15 ml rooiwynasyn
15 ml suiker
sout en peper na smaak
125 ml spek (opsioneel)

M e t o d e
Vir die deeg: Kook die aartappels tot sag. Vewyder die skille en druk die aartappels fyn. Meng die eier, meel en smaakmiddels deeglik met die fyn aartappel. Dit moet ´n gladde, sagte deeg wees.

Verdeel die deeg in vier stukke. Rol elke stuk deeg in ´n bietjie meel en rol in ´n lang rol van 20 mm dik uit. Sny in skywe van 25 mm en druk ´n vurk wat in meel gedruk is, daarop om groefies te vorm.

Kook die gnocchi 2 minute in ´n groot kastrol met vinnig kokende water tot gaar. (Sodra die gnocchi op die oppervlak dryf, is dit gaar.) Dreineer en sit voor met die sous.

Vir die sous: Plaas al die bestanddele in ´n pan en laat prut 15 tot 20 minute. Roer af en toe. Meng tot glad. Voeg gekapte vars kruie by en dien op. (Genoeg vir 4 porsies.)