Back To main menu click here
Home Up

K A B E L J O U

Home
Up

K A B E L J O U
1 groot kabeljou van sowat 3,5 kg
sout en vars gemaalde swartpeper
1 liter droë wit wyn
2 groot uie, gekap
2 pakke (300 g elk) gekapte vars spinasie
125 g pietersieliebotter
1 liter witsous
500 ml gerasperde mozarellakaas
1 pakkie (250 g) ontbytspek, gekap
1 bakkie kersietamaties, gehalveer

Metode
Maak die vis skoon en verwyder die ruggraat. Plaas met die velkant na onder in ´n groot pan met ´n deksel. Geur die vis met sout en peper na smaak. Giet die wyn oor die vis en bedek. Plaas die pan oor ´n klompie matige kole. Roerbraai die uie en spinasie liggies in ´n ander pan en hou een-kant. Haal die deksel van die pan waarin die vis is, ná sowat 30 minute af. Smeer die pietersieliebotter oor die vis en skep die spinasiemengsel bo-op. Giet die witsous oor. Strooi die kaas, spekvleis en gehal-veerde tamaties oor. Plaas die deksel op, rangskik ´n klompie warm kole op die deksel en laat só sowat 40 minute "bak". Dien op.

Wenke
Die witsous kan net oor een helfte van die vis gegiet word.
Die kabeljou kan ook in die oond gebak word. Stel die oond op 180 ºC. Plaas die vis in ´n oondpan, bedek met aluminiumfoelie en bak 30 minute in die voorverhitte oond. Volg hierna die res van die metode soos hierbo tot voor die pan bedek en die warm kole op die deksel geplaas word. In die oond word die pan onbedek laag onder die verhitte element geplaas sodat die vis verbruin.