Back To main menu click here
Home Up

Waterblommetjies

Home
Up

W A T E R B L O M M E T J I E B R E D I E
3 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie
1 kg varknek, in mooi porsies gesaag, of 1 kg skaaprib, opgesny
2 kg skoongemaakte waterblommetjies
8 aartappels
suurlemoensap na smaak
sout en peper
geurmiddels

Metode
Spoel die waterblommetjies ´n paar maal baie goed af. Braai of smoor die uie en knoffel in ´n bietjie verhitte olie. Voeg die vleis by en verbruin.

Sommige mense hou van hul waterblommetjies sag gekook, terwyl ander dit meer heel verkies. Bereken die kooktyd volgens smaak. Die blommetjies kan ook, soos Marina dit doen, eers vyf minute in skoon water gekook en dan afspoel word. Dit neutraliseer die "wilde" smaak. Sowat ´n halfuur voor die einde van die blommetjies se kooktyd word die aartappels, in blokkies gesny, bygevoeg. Geur na smaak. Sit voor met koring en slaai.

Wenke
As die waterblommetjies vir gaste voorgesit word, braai Marina sowat 1 kg gaar piekeluitjies tot gaar en bruin en strooi dit net voor opdiening oor die bredie.

Indien verkies, kan vars neut voor opdiening oorgerasper word.

Waterblommetjies

1,5 kg dik rib (skaap) in blokkies gesny
2 liter water blommetjies, gepluk wannneeer blomme oop is
2 middelslap uie fyn gekap
1 groot suur appel in dun skyfies gekerf
450 gram aartappels in skyfies gesny
250 ml water
250 ml droe wit wyn
5 ml ( 1 teelepel) suiker
12,5 ml ( 1 eetlepel) sout
2 ml peper
olie vir braai

Metode:
Pluk blomme van die stingel af en verwyder die harde gedeeltes. Laat oornag in sout water week. Dreineer goed en was deeglik onder die koeue kraan om enige sand te verwyder. Sit die waterblommetjies in ;n kastrol met koue vars water en verhit vinnig tot kookpunt. Dreineer. Verhit die olie in ;n groot kastrol en braai uie goud bruin. Geur vleis met sout, peper en suiker en sit terug in kastrol. Voeg die wyn, aartappels en appel in water by en laat 1 tot 2 uur prut met die deksel op tot vleis s is. Voeg nog kookwater by as benodig.Bedien daadlik met gekookte reis.