|
Aalwynkonfyt
nes die Voortrekkers dit gemaak het A a l w
y n b l a a r s t u k k e Sny die wit gedeeltes in
stukke van sowat 30 mm vierkantig en skil elkeen af, bo en onder. Nou is die
snyery en skillery klaar. Die stukke moet ´n paar uur goed in skoon water
geweek en daarna ´n paar keer in lopende water afgespoel word tot daar nie meer
´n teken van die geel, bitter sap is nie. Nou kan dit verwerk word nes
waatlemoen- of makataankonfytstukke: Prik elke stuk goed aan
weerskante met ´n vurk met dik tande. Laat lê die stukke oornag in helder
kalkwater. Maak genoeg kalkwater aan om die stukke te bedek deur 2 eetlepels
kalk in die korrekte hoeveelheid lou water op te los. (Kalk is by apteke te
koop.) Roer elke nou en dan tot die water koud is, gooi die helder water bo af
en gebruik. Spoel die stukke in vars
water af en dreineer. Weeg. Vir elke 6 pond (2,7
kg) stukke word 7 pond (3,2 kg) suiker en 2 liter water gebruik. Sowat 4
eetlepels suurlemoensap sal keer dat die stroop sandsuiker word, terwyl ´n
handvol vyelote vir ´n heerlike geur sorg. Kook die stukke eers sowat 30
minute in water. Dit sal nie sag word nie, maar absorbeer die stroop dan beter.
Dreineer. Kook intussen die stroop.
Voeg die stukke met verdrag by sodat die stroop nie ophou kook nie. Laat kook
sowat een en ´n half uur tot die stukke deurskynend is en die stroop begin
verdik. Laat oornag staan om goed af te koel. Dit is wanneer die aalwynstukke
die stroop absorbeer. Haal die stukke die volgende oggend uit die stroop, verhit
die stroop weer tot kookpunt en plaas die stukke terug in die warm stroop. Pak
die konfytstukke warm-warm in gesteriliseerde flesse, maak vol met stroop en
verseël.
|