APTYTLIKE APPELTERT
Kors:
125 g Botter of margarien
180 ml (¾ koppie) Suiker
375 ml (1½ koppie) Koekmeelblom
10 ml (2 teelepels) Bakpoeier
375 ml (1½ koppie) Klapper
Metode:
Verroom botter en suiker tot lig van kleur.
Meng meel, bakpoeier en klapper en roer by bottermengsel. Dit is 'n droë
krummelrige mengsel.
Druk _ van die mengsel in 'n tertbord van 270 mm.
Vulsel:
1 groot blik (825 g) Tertappels
125 ml (1½ koppie) Suiker
125 ml (1½ koppie) Sultanas
15 ml (1 eetlepel) Vlapoeier
Metode:
Verhit appels, suiker en sultanas in 'n kastrol.
Maak vlapoeier aan met 'n bietjie water en roer by appelmengsel.
Kook 1 minuut om vla gaar te maak.
Skep in kors en rasper orige krummelkors bo-oor.
Bak sowat 20-25 minute in 'n voorverhitte oond by 160C.
Sit voor met geklopte room.