Links is meer Resepte vir artappels
Sampioen-en-aartappel-gebak
250
g bruin sampioene
50 ml botter
1 huisie knoffel, fyn gekap
30 ml pietersielie, gekap
900 g aartappels*, geskil en in dun skywe gesny
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
400 ml groente- of hoenderaftreksel
Stel oond op 200°C. Vee sampioene skoon en sny in skywe (stingels ingesluit).
Smelt helfte van die botter en braai knoffel en pietersielie tot effens bruin.
Smeer 'n oondbak en pak helfte van die aartappelskywe op bodem. Geur elke laag.
Skep sampioene op en plaas res van aartappelskywe bo-op. Giet aftreksel oor,
sodat dit net onderkant boonste laag aartappels lê. Stip met res van botter en
bedek met tinfoelie (blink kant binne).
Bak sowat een uur, maar verwyder foelie ná 40 minute. Aartappels behoort sag te
wees en bokant bruin.
*Moet verkieslik nie vars aartappels uit die grond gebruik nie, aangesien hulle
nie al die vloeistof sal absorbeer nie. So nie, gebruik minder aftreksel.