|
Die indeks op die linkerkant het nog beskuit resepte HOPS SUURDEEG VIR BROOD OF BESKUIT 5 k koue water 1̋ desertlepel hops kook vir 5 minute en gooi deur sif 1 middelslag aartappel gekook en fyngedruk Laat afkoel en gooi die volgende by. 1 eetl hoogvol meel 1 eetl hoogvol suiker 1 eetl sout Vat bietjie van ou plantjie en gooi in by hopmengsel. Laat staan op lou plek. Gebruik soos benodig. TRADISIONELE AARTAPPELSUURDEEGPLANTJIE 12:00 Bestaande plantjie in bottel rasper of sny nuwe med aartappel by 3 hoogvol eetl suiker 1 plat eetl sout Roer in met sterk lou water (nie te warm nie) Laat staan in coolbag in venster bank vir hitte (nie direk nie) Vannaand: 2,5kg + 4 k koekmeel 4 k suiker bietjie sout 500 g margarien Vryf in droë bestanddele in en maak aan met plantjie (afgegooi van die aartappels) + nog so ± 800 ml louwarm water. Knie deur tot lekker deeg en maak toe in swart sak en komberse vir nag. Môre oggend: Knie af en maak bolletjies. Hierdie hoeveelheid is genoeg vir 4 groot panne en pas in oond. Laat rys tot vol en bak dan vir volle uur op 180 - 160C of tot ligbruin en gaar. ________________________________
|