KAAS-PATEE
Meng saam:
1 bakkie krummel-maaskaas
1 koppie gerasper kaas
1 koppie gerasperde botter
gerasperde ui na smaak
knippie sout
Voeg enige van die volgende by:
Knoffel, Aromat, Gerasperde biltong, Marmite, Vissmeer, Fyngedrukte gekookte
eier, Gekapte agurkies, Tuna, ens.
1. Bespuit 'n bakkie met Spray & Cook,
besprinkel poppy- of sesamesaad en skep vulsel in die bakkie.
2. Bedien met soutbeskuitjies.
3. Kan lank in die yskas gebêre word en vries ook baie goed.