![Home](_derived/home_cmp_sweets010_vbtn.gif)
| |
Bessie-kaaskoek
muffins
Die
vulsel van roomkaas met 'n klontjie konfyt in die middel van die muffin, maak
dit werklik iets besonders.
435 ml bruismeel
2 eiers, geklits
65 ml olie
30 ml moerbei- of aarbeikonfyt
125 ml strooisuiker
65 ml gemengde bessie- of aarbeijogurt
Vulsel
50 g roomkaas
15 ml konfyt
versiersuiker om bo-oor te sif
Stel oond op 180°C. Smeer of bespuit 'n muffinpannetjie.
Sif meel in groot mengbak en maak 'n holte in die middel. Voeg eiers, olie,
konfyt, suiker en jogurt by en meng tot net gemeng. (Moenie té veel klop nie,
die mengsel moet nog klonterig lyk). Skep twee derdes van beslag in 6 holtes van
muffinpannetjie. Verdeel roomkaas en konfyt in ses porsies en plaas 'n skeppie
roomkaas en konfyt in die middel van elke muffin. Maak toe met res van beslag.
Bak 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel in pannetjie en keer uit.
Sif versiersuiker oor.
Lewer 6 groot muffins.
|