![Home](_derived/home_cmp_sweets010_vbtn.gif)
| |
KORINGBIER
1. Was 1k broodkoring deeglik en laat dit 24 uur lank in koue
water week
2. Gooi die water af en voeg 1 k bruinsuiker, 6 gekneusde rosyne, kwart koekie
gis en 1.5 liter lou water daarby. Roer tot die suiker opgelos is en sit die
deksel liggies op. ‘n Groot vrugte vles of ‘n vererde emmertjie 1 en ‘n
driekwart liter bevat, is ‘n geskikte houer.
3. Laat dit 24 uur lank staan en gooi die vloeistof af. Bottel dit en laat dit
12 tot 24 uur staan voor gebruik.
4. Gooi weer 1 k bruinsuiker by die koring en rosyne, voeg 1.5 liter lou water
by, roer dit om en laat dit weer 24 uur lank staan voor dit afgegooi word.
5. Herhaal die proses elke dag en bottle die vloeistof wat afgegooi word.
6. Twaalf tot 24uur nadat dit gebottel is, sal die bier gereed wees. Dien dit
koud op.
L.W Die eeste 2 of 3 keer sal die bier baie flou wees en ‘n lang tyd in beslag
neem nadat dit gebottel is, om te gis. Dit kan weggegooi word en eers na die
derde toevoeging van suiker en water gebottel word.
Die proses kan 5 tot 6 weke lank elke dag herhaal word met die gebruik van
dieselfde koring. Wanneer die gisting goed aan die gang is moet dit nie langer
as 12 uur gelaat word voordat die bier afgegooi word nie, anders sal die koring
suur word
Om met vars koring ‘n nuwe begin te maak, is dit raadsaam om 2 tot 3 eetlepels
van die gebruikte koring by te voeg om die gisproses gouer aan die gang te sit.
Indien ‘n paar stukke gekneuste gemmer en/of ‘n paar stukke pynappelskil by
die koring gevoeg word, sal dit die smaak van die bier verbeter.
|