|
Koringroerbrood Meng die eerste
vier bestanddele in ´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander
mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en
roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde pannetjies van 23 cm x 13 cm elk
en wat te veel is, in ´n kleiner pan van 10 cm x 21 cm. Laat op ´n warm plek
rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys
ook terwyl dit bak.) Stel intussen
die oond op 200 ºC. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in
die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer
jy dit onder met die kneukels klop. |