| |
Toffie Appels
30 middelslagappels
30 stokkies
1 liter (4 k) suiker
375 ml water
1 ml sout
250 ml (1 k) gouestroop
rooi kleursel
Was en droog appels af en steek stokkies stewig by die stingelent in. Los suiker
op in water, voeg sout en stroop by en kook tot die ligtekraakstadium (143 oC).
Voeg kleursel by en roer. Dompel appels in warm mengsel (hou dit warm terwyl
daarmee gewerk word, maar moet dit nie kook nie.) Laat die oortollige stroop
afloop en plaas die appels met die blom-ent op gesmeerde botterpapier. Sal hard
wees binne 'n paar minute. (Ligtekraakstadium : as 'n bietjie van die mengsel in
koue water gegooi word en ligweg kraak, dink ek).
|