LEMON MERINGUE
1 Pakkie Tennis beskuitjies (fyngedruk met koekroller)
100-125 Gram gesmelte botter/margarien
1 Blikkie volroom kondensmelk
100 ml Suurlemoensap
2 Eiers geskei
50 gram Strooisuiker/gewone wit suiker
Metode:
Voorverhit die oond op 150 C.
Meng die fyn beskuitjies en gesmelte botter en druk vas op ‘n 23 cm ronde
tertbord.
Bak die kors in die oond vir 2 minute en laat afkoel.
Meng die blikkie kondensmelk met die suurlemoensap.
Gooi die 2 eiergele by die kondensmelkmengsel, meng goed en gooi dit in die
afgekoelde tertkors in.
Klop die twee eierwitte saam met ‘n druppeltjie suurlemoensap tot 'n wit skuim
vorm.
Gooi die strooisuiker/witsuiker by en klop tot styf.
S kep die styfgeklopte meringuemengsel bo-op die kondensmelkmengsel in die
tertbak en bak in oond vir ongeveer 12 minute tot ligbruin.
Koel af in yskas voor bediening.