| |
Worsie
en Kaasrol
Kors
500
ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g botter of margarien
150 ml melk
Vulsel
250 g Weense worsies grof gerasper
500 ml gerasperde kaas
50 ml botter of margarien
1 uitjie fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mosterd
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits
vars gekapte pietersielie en ander kruie
Metode:
| Verhit
die oond tot 200c. Smeer 'n bakplaat.
| Sif
die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die
vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.
| Sny
die melk met 'n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit
geleidelik in 'n straaltjie bygevoeg word; 'n taamlike stywe
deeg moet ontstaan.
| Rol
die deeg op 'n meelbestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.
| Meng
die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed
saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.
| Rol
dit soos 'n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.
| Plaas
die rol op die bakplaat.
Sny die rol in dunnerige skywe met 'n
skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom
moet heel bly.
| Trek
die skywe effens uitmekaar.
| Verf
eiermelk bo-oor.
| Bak
die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie oor.
|
| | | | | | | | |
|