Macaroni-en-kaas-sop
30 ml kookolie
250 ml gekapte seldery
1 middelslag-ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 groot wortel, gekap
1,5 liter hoenderaftreksel,
gemaak van 3 ekstrakblokkies
250 ml rou elmboogmacaroni
Witsous
125 ml margarien
90 ml koekmeel
750 ml melk
500 ml gerasperde sterk kaas
50 ml gekapte vars pietersielie
sout en peper na smaak
Metode
Verhit die olie en soteer die groente tot sag. Voeg die hoenderaftreksel en
macaroni by en kook tot sag. Hou eenkant.
Vir die witsous: Smelt
die margarien en roer die meel geleidelik by. Voeg die melk by om ´n gladde
witsous te vorm. Voeg die kaas en pietersielie by. Roer tot die kaas gesmelt is.
Voeg die witsous by die sop en geur met sout en peper.
Laat prut sowat vyf minute en dien op.
-