MUESLI
60 ml heuning
60 ml kookolie
250 ml hawermout
250 ml semels
50 ml sesamsaad
100 ml koringkiem (opsioneel)
100 ml klapper
100 g sonneblompitte
50 g rosyne
50 g droë vrugte, in klein stukkies gesny
50 g neute (hoe meer natuurlik, hoe lekkerder!) Ek gebruik heel neute en voeg
sommer
'n handvol amandelvlokkies ook by
1. Meng heuning en olie in 'n groot
glasmengbak.
2. Mikrogolf op 100% vir een minuut. Roer.
3. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die laaste vier. Roer.
4. Mikrogolf op 50% vir ongeveer 15 minute. Roer elke twee minute.
5. Die mengsel is reg as dit bruin begin verkleur.
6. Koel af en voeg dan die vrugte en neute by.
7. Bêre lugdig.