
| |
Noedel-en-hoenderpastei
300
g macaroni
30 ml olyfolie
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in repies gesny
1 lourierblaar
2 takkies tiemie
75 ml wit wyn
200 g sampioene, in skyfies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
75 g sterk kaas, gerasper
9 eiers, geklits
30 ml dik room
75 ml gekapte vars pietersielie
100
ml basiese tamatiesous
Stel
die oond op 180°C. Kook die macaroni sonder olie. Dreineer, maar moenie afspoel
nie anders verloor die pasta sy klewerigheid. Hou eenkant.
Verhit die olie in 'n pan en soteer die uie en knoffel tot amper sag. Roer
terwyl die hoender, lourierblaar en tiemie bygevoeg word. Giet die wyn oor.
Bedek en laat prut sowat 20 minute oor matige hitte.
Voeg die gesnyde sampioene by. Kook onbedek tot die sous verdik. Verwyder die
lourierblaar en tiemietakkies. Geur na smaak met sout en peper. Meng die kaas,
eiers, room en pietersielie. Geur met sout en peper. Meng die helfte van die
kaassous met die hoendermengsel.
Voer 'n losboompan met aluminiumfoelie uit en spuit met 'n kleefwerende middel.
Pak die macaroni in die pan deur in die middel te begin en na die kante toe te
werk. Giet die hoendermengsel oor. Die res van die kaasmengsel word bo-oor
gegiet. Maak seker dat die pasta met die sous bedek is. Plaas in die
voorverhitte oond en bak sowat 1 uur. Laat rus 'n paar minute en ontvorm. Dien
op met die basiese tamatiesous. (Genoeg vir 6 porsies
)
|