| |
Panpizza met pesto
Rol 500g gekoopte brooddeeg dun uit, druk vas in 'n gesmeerde bakplaat. Ontvel
en kap 4 pruimtamaties grof op. Meng met 45ml
pesto. Smeer oor die deeg. Pak 'n paar repe rugspek (sny in dunner repe
indien verkies) op en rasper mozzarella-kaas bo-oor. Bak by 'n hitte van 220
grade C vir 10-12 minute totdat die kors gaar is (Die rugspek raak vinniger
gaar). Sprinkel olyfolie oor en bedien dadelik. Parmesaankaas kan ook bo-oor
gesprinkel word. Ekstra vars gemaalde swart peperkorrels bo-oor maak dit nog
lekkerder.
|