Pavlova
Ryk en lekker!
4 eierwitte
125 ml strooisuiker
20 ml mielieblom
60 ml kaneelsuiker
Vulsel
250 ml vars room
15 ml Van der Hum-likeur
15 ml strooisuiker
Stel oond op 180 °C.
Smeer of spuit 'n bakpan en voer met bakpapier uit. Spuit of smeer die papier en
sprinkel mielieblom oor.
Klits eierwitte tot sagtepunt-stadium. Klits die strooisuiker geleidelik by (so
15 ml op 'n keer) en klits tot glad en blink (dus baie styf).
Skep meringue op bakpapier en maak glad.
Bak vir 10 min. Keer uit op bakpapier gestrooi met kaneelsuiker.
Maak die vulsel: Klits al die bestanddele saam tot styf. Smeer op meringue en
rol op soos 'n rolkoek. Hou in yskas.
|