Kampioen-sampioen-wenke
Moenie sampioene afwas nie. Vee dit net skoon met 'n klam lap of kombuispapier.
Sampioene bly langer vars as dit tussen lae kombuispapier in 'n lugdigte houer
in
SAMPIOEN VULLER
BESTANDDELE:
8 Groot Swart Sampioene.
Gerasperde Kaas.
Botter.
Knoffelflokkies.
METODE:
As dit lyk of die pot nooit gaan klaar kom nie, of die kole dit nie gaan maak
nie, of die tjops in die sand geval het, en die skare begin wonder of 'n mens
van wyn alleen moet leef, dan skree jy vir vroulief of daar dan niks is om aan
te kou nie.
Dan sal sy die sampioene in botter in 'n pan braai, kaas daarop smelt, en
knoffelflokkies oor strooi. Dan trek sy haar kelner pakkie aan, en bedien dit
vir julle op bordjies. Niemand sal meer belangstel in jou kos nie, want dis 'n
maal op sy eie.