2 k suiker
1 k aarbeie, stukkend gedruk
1 k piesang in skyfies gesny
Sap van 6 lemoene
2 k water
2 k grenadellamoes
1 gerasperde pynappel
2,5 liter sodawater
Maak 'n stroop deur die suiker en water vir 10 minute saam te
kook. Syg dit dan deur en meng met al die ander bestanddele behalwe die
sodawater. Verkoel en voeg die sodawater by net voordat dit bedien word.