Back To main menu click here
Home Up

Blomkoolslaai

Home
Up

Blomkoolslaai

As die gesin traag is om groente te eet, is hierdie die maklikste manier om dit voor te sit.

50 ml elk sultanas en korente
50 ml lemoensap
5 ml botter
125 g spekvleis, fyn gesny
500 ml blomkool, in blommetjies gebreek
500 ml groenbone, grof gesny
6 sprietuie, gesnipper
65 ml suurroom
15 ml mayonnaise
1 groen appel, gerasper
60 ml okkerneute, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas sultanas en korente in 'n bakkie, giet lemoensap oor en laat 20 minute staan.
Verhit botter en braai die spekvleis tot effe bros. Dreineer op kombuispapier.
Kook die blomkool en groenbone in 'n klein bietjie soutwater (dit moet gaar, maar nog bros wees). Dreineer en dompel in yswater tot afgekoel.
Meng spekvleis, blomkool, bone en sprietuie en hou eenkant. Meng sultana-lemoensapmengsel met suurroom, mayonnaise en appel en voeg die neute by. Meng alles saam en geur met sout en swartpeper.
Genoeg vir 6 mense.