Back To main menu click here
Home Up

CALAMARI

Home
Up

CALAMARI

BESTANDDELE:

1 kg Calamari.
Bruismeel.
4 Eiers.
Vleisversagter ('tenderiser').
2 Bottels Kookolie.
4 Bottels Witwyn (Riesling, Saugvinon Blanc of Chardonnay).

METODE:

Gaan koop 'n pak klaar skoongemaakte calamari
. As jy klaar betaal het, vra jy die Kaapse suster by die kasregister of dit sal deug as vis-aas. Die helfte van die mense na jou in die tou sal flou val, en die ander helfte kruip op die grond rond van die lag. Ignoreer hulle en loop uit - jy het hulle dag gemaak, tipiese dom Transvaler! (Alternatiewelik kan jy jou vrou vir 'n week lank uitstuur saam met haar oom Claudie op sy tjokka boot.)

As jy by die huis kom, sluit jy skoonma in die buitekamer toe, want sy dink calamari is seekat, en ons weet almal die 11de gebod is 'Jy mag nie Seekatte doodmaak nie'! Nou spoel jy die calamari skoon onder die kraan, en sny dit in 1cm breë ringetjies. Pak dit in lae in 'n Tupper bak, en strooi versagter oor elke laag. As jy klaar is, werk jy dit goed deurmekaar, sit die deksel op, en bêre in die yskas. Sluit skoonma uit - maak asof dit 'n ongeluk was.

Die volgende dag nooi jy vriende  oor. Hulle sal 2 bottels wyn saambring. Skink vir hulle van hulle s'n, en vir julle van joune - hulle s'n sal effens minderwaardig wees. Nou gaan sit julle op die stoep en kyk vir die see en die dolfyne. Sit intussen kookolie op die stoof om op te warm, maar hou 'n brandblusser byderhand, want brandende kookolie kan groot amok maak.

As die bottel klaar is, sluit jy skoonma weer toe. Klits nou 3 eiers. Jy doop die calamari daarin, dan in die bruismeel, en diepbraai tot goudbruin. Skep uit op filtreerpapier. Tussendeur moet jy nie vergeet van die tweede bottel wyn nie - laat iemand vir skoonma 'n glasie deur die venster aangee.

Intussen moes vroulief speserye rys gekook het - onthou om haar betyds te sê. Net voor alles klaar is, kook jy die 4de eier vir 4 minute. Skep nou op, en maak die oorblywende wyn oop om saam met die ete te nuttig. Nou kan jy skoonma maar laat uitkom - sit vir haar die gekookte eier in 'n kelkie voor.