Back To main menu click here
Home Up

Galjoen

Home
Up

Galjoen in die oond


Daardie koningsvis galjoen word gewoonlik op die kole gebraai, maar dit is net so lekker gebak in die oond. Hou dus hierdie resepte byderhand wanneer daar weer ´n ou grote op die tafel beland.

1 mediumgrootte galjoen, ontskub en gevlek
sowat 200 g botter
sout en vars gemaalde
swartpeper
suurlemoensap na smaak

Stel die oond op 180 °C. Plaas die vis op ´n oondbakplaat met die velkant na onder. Plaas stukkies botter, indien nodig, in die snitte . Geur die vis en plaas in die voorverhit te oond. Sodra die graat loskom, is die vis gaar. (´n Mediumgrootte vis sal ná sowat 20 minute gaar wees, terwyl ´n baie groot vis ´n bietjie langer gebak moet word.)

NB: Waak daarteen om die vis te lank te bak; dit verloor sy geur en is droog. Dit is belangrik dat die vis geëet word sodra dit uit die oond kom.