Back To main menu click here
Home Up

Ingemaakte kwepers

Home
Up

Ingemaakte kwepers
15 ml sout
30 ml asyn
10 liter water
2,5 kg kwepers
250 ml suiker

S t r o o p
5 x 250 ml suiker
2,5 liter water

M e t o d e
Meng die sout, asyn en die helfte van die water. Hou eenkant.

Borsel die kwepers skoon, skil en ontpit en sny in ringe. As dit gesonde kwepers is, hoef dit nie geskil en ontpit te word nie. Laat lê die gesnyde kwepers in sout- of asynwater om verkleuring te voorkom. Los die suiker in die res van die water op. Bring tot kookpunt. Voeg die kweperringe by en kook tot effens sag, maar nie pap nie.

Vir die stroop: Los die suiker in die water op. Laat kook die stroop 5 minute voor die kwepers bygevoeg word.
Haal die kweperringe uit die waterstroop en voeg by die kokende stroop. Laat kook 5 minute. Bottel die kwekers in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog kokend is.