Back To main menu click here
Home

Nagereg

Home
APPELTERT
 CREMORA TERT
GEBAKTE PIESANGS
Ingemaakte kwepers
KAASKOEK
LEMON MERINGUE
Pavlova
MAASKAASTERT
SULTANSGENOT
Vrugte sosatie
Yskastert

Sjokolade-en-lemmetjiemousse-broodjie

1 pakkie (80 g) lemmetjiejellie
150 ml kookwater
3 eiers, geskei
75 ml strooisuiker
1 houer (200 g) roomkaas
2,5 ml lemmetjieskil
250 ml room, styf geklop
100 g wit sjokolade
15 ml elk gelatien en water, geweek
1 eetlepel Cape Velvet-roomlikeur
(opsioneel)
10 ml vanieljegeursel

Metode
Los die jellie in die water op en laat afkoel. Klop die eiergele en strooisuiker tot donsig en vou die roomkaas in. Verdeel die mengsel in twee. Klop die eierwitte styf en verdeel ook in twee.

Voeg by die een hoeveelheid roomkaasmengsel die afgekoelde jellie, lemmetjie- skil en die helfte van van die styfgeklopte room. Vou ook die helfte van die styfgeklopte eierwitte in. Giet in Žn houer en laat stol.

Voeg by ander roomkaashelfte die sjokolade, gesmelt; die geweekte gelatien; die roomlikeur en die vanieljegeursel. Vou die res van die styfgeklopte room en eierwitte in. Giet versigtig oor eerste mengsel en laat stol.

Sit voor met vla en saam met enige gebakte nagereg.