Back To main menu click here
Home Up

Kerrie Afval Potjie

Home
Up

Kerrie Potjie( Skaap pens-en-pootjies)

1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie
sout -en - peper, kerriepoeier na smaak
125ml suiker (verkieslik bruin)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
sonneblomolie
250g droë appelkose
500ml "Old Brown Sherry"
10ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels

Metode:

bulletGebruik 'n #3 pot
bulletSoteer uie tot deurskynend bruin , verwyder uit potjie.
bulletBind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout en peper by.
bulletPlaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
bulletRangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
bulletMeng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor.
bulletLaat prut die pot vir ± 3-4 ure tot vleis sag is verwyder die bene en bedien saam met rys.
bulletMoet nie vergeet om die aartappels na ± 2 ure in te sit om sag te kook nie.