Back To main menu click here
Home

Potjiekos

Home
Afval Kerrie Pot
BILTONG POTJIE
Biltong en pampoenpot
Kerrie Afval Potjie
Oxtail
Raap-en-skraap-boereworspot
Vark- en Appelpotjie

As jy potjiekos maak, gebruik "Spray en cook" dit help dat die kos nie aanbrand nie, maar help veral ook dat die pot nie na die tyd roes nie. 

SKAAPNEK POTJIE
Hierdie is 'n resep vir gesellig kuier wanneer almal in 'n gemoedelike stemming is, soos wanner die BOKKE teen 'n mindere span soos WALLIS speel.

BESTANDDELE:

Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 Groot Uie, in skywe gesny.
2 Pakke Knopie Sampioene.
Groenboontjies, in stukke gesny ('volstruiskos' volgens my ma).
Geelwortels, ditto.
4 Groot Artappels, gehalveer.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Growwe Peper, varsgemaal.
Sout.
4 Lourierblare.
'n Halwe bottel Soja Sous.
2 Skeppe Botter.
6 Bottels Rooiwyn (minimum).

METODE:

Net voor die afskop steek jy die vuur aan. Dit moet goeie vuurmaakhout, verkieslik Hardekool wees, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring, wingerdstompie of mieliestronke ook deug.

Maak 'n bottel rooiwyn oop, en geniet die rugby. Rustyd sit jy die pot op die vuur, en stook hom nog 'n bietjie. Maak die 2de bottel oop (die 3de as die Bokke goed voor is). Na die wedstryd skuif julle vuur toe, en maak die volgende bottel oop. Bespreek die wedstryd.

As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die volgende een, asook die vleis, botter, 'n handvol uie en die roerlepel te bring. Sit bestanddele in die pot, en roer vinnig. Druk nou jou hand in yswater, want jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saam bring. Drink nou die volgende bottel, terwyl die vleis kookbraai in sy eie sous. Roer so nou en dan sodat hy nie aanbrand nie.

As die bottel klaar is, gaan haal jy self die volgende een, en die res van die bestanddele. Vra vir vroulief of sy 'n ou potbroodjie of 'n rysie gaan maak. Ignoreer haar kyk. Pak nou die sampioene, wortels, boontjies en uie in lae op die vleis. Strooi die speserye oor. Pak die artappels bo-op. Gooi die sojasous en 'n halwe bottel wyn by. (Jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat jou vrou 'n jaar lank in 'n kas laat staan het - 'n ou mors nie goeie asyn nie, vra my!). Gooi sout en peper, en plaas die lourierblare op. Kuier rustig voort, maar luister vir daai pot - hy moet met jou gesels. 'n Stil pot beteken hy is besig om te brand, of daar gaan bokkerôl aan. MOENIE ROER NIE!

As die laaste bottel klaar is, behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Nou kan julle maar skep.

(As almal intussen aan die slaap geraak het, kan jy hom laat oorstaan tot die volgende oggend - dan sal hy éérs lekker wees!)