Back To main menu click here
Home Up

Kerrienoedelslaai

Home
Up

Kerrienoedelslaai

Dis maklik om te maak en smaak sommer vorentoe!

250 ml noedels, gekook volgens aanwysings op pakkie.

Sous
2 uie, in ringe gesny
kookolie
7,5 ml kerriepoeier
1,5 ml borrie
30 ml blatjang
15 ml appelkooskonfyt
15 ml tamatiesous
80 ml wit asyn
knippie sout
30 ml sultanas
1 blik (440 g) pynappelstukke, gedreineer (hou sap)
3 — 4 piesangs, in skywe gesny

Soteer die uie in 'n bietjie kookolie tot sag. Voeg kerrie en borrie by en roerbraai nog 'n minuut. Verlaag hitte en voeg res van die bestanddele, behalwe die pynappelstukke en piesangs, by. Prut 'n paar minute. Laat afkoel en meng met die noedels. Voeg die pynappel en piesangs by en roer liggies deur.
Genoeg vir 4 mense.