Back To main menu click here
Home Up

Piesang-en-hoenderslaai

Home
Up

Piesang-en-hoenderslaai in choux-bak

D e e g
120 g botter
250 ml water
250 ml koekmeel
sout
4 eiers

S l a a i
500 ml gaar hoender, in repies of stukkies gesny
5 piesangs, in skyfies gesny
10 ml suurlemoensap
250 ml ontpitte druiwe, gehalveer
60 g sterk gegeurde kaas, in blokkies gesny
50 ml tafelseldery, gekap
2 sprietuie, gekap
125 ml suurroom
60 ml mayonnaise
vars groen slaaiblare
60 ml geroosterde amandelvlokkies

M e t o d e
Vir die deeg: Stel die oond op 200ºC. Verhit die botter en water in ´n kastrol. Sodra die botter gesmelt het en die water begin kook, roer die meel en sout met ´n houtlepel in.

Hou aan met roer terwyl dit kook tot ´n bal in die middel van die kastrol vorm. Verwyder van die stoofplaat.

Laat sowat 10 minute afkoel. Voeg die eiers een vir een by. Klits goed ná elke byvoeging. Dit is ´n sagte, dik deeg.

Voer die kante en bodem van ´n gesmeerde tertbord (sowat 230 mm in deursnee) met die deeg uit. Bak sowat 30 minute tot goudbruin in die voorverhitte oond. Laat koel af.

Vir die slaai: Meng die eerste sewe bestanddele goed in ´n mengbak. Meng die suurroom en mayonnaise in ´n aparte bakkie. Voeg die suurroom-en-mayonnaise-mengsel by die hoendermengsel. Roer liggies maar deeglik deur.

Verkoel in die yskas.
Voer die choux-bak net voor opdiening met slaaiblare uit. Skep die slaai daarin en strooi die amandels oor.

W e n k
Sodra die baktyd van die choux-bak verstreke is, skakel die oond af. Haal dit versigtig uit die tertbord en plaas net so op die oondrak. Los die oonddeur effens oop en laat verder in oond uitdroog. Verwyder wanneer koud