Back To main menu click here
Home Up

Souse

Home
Up
MOSTERDSOUS
PERI-PERI SOUS

Tamatiesous

30 ml olyfolie
1 klein ui, gekap
145 ml druiwesap
25 ml rooiwynasyn
2 groot tamaties, ontvel, ontpit
en gekap
80 ml ekstra olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die 30 ml olyfolie in ´n pan en soteer die ui tot sag. Roer die druiwesap en asyn by en laat kook sowat ´n mi-nuut. Haal van die hitte af en voeg die tamaties en ekstra olyfolie by. Geur en hou eenkant tot nodig. 

Basiese tamatiesous vir pasta
45 ml olyfolie van goeie gehalte
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik (390g) heel tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
2,5 ml gedroogde origanum
10 ml tot 15 ml bruinsuiker
250 ml water
250 ml gekapte vars basiliekruid
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper

Verhit die olie in 'n kastrol oor medium hitte. Soteer die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog twee minute. Wees versigtig dat die uie en knoffel nie verbruin nie.
Roer die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut stadig sowat 20 minute tot die sous verdik. Indien verkies, kan die sous in 'n voedselverwerker fyngemaak word. (Genoeg vir 4 porsies.)

Wenk
Die sous is heerlik oor pasta met gerasperde parmesaankaas oorgestrooi. Dit kan ook as 'n basis vir ander pastageregte gebruik word.

Tamatiesous sorg vir vis-treffers

30 ml olyfolie
1 klein ui, gekap
145 ml druiwesap
25 ml rooiwynasyn
2 groot tamaties, ontvel, ontpit
en gekap
80 ml ekstra olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die 30 ml olyfolie in ´n pan en soteer die ui tot sag. Roer die druiwesap en asyn by en laat kook sowat ´n mi-nuut. Haal van die hitte af en voeg die tamaties en ekstra olyfolie by. Geur en hou eenkant tot nodig.