Back To main menu click here
Home Up

Stokvis op lensies

Home
Up

Stokvis op lensies
1 kg stokvismote, ontgraat maar nie ontvel nie
sout en vars gemaalde swartpeper
na smaak
300 g lensies
15 ml olyfolie
200 g ontbytspek, in growwe stukke gesny
125 ml gekapte vars breëblaar-pietersielie
olyfolie en botter om vis in te bak
1 hoeveelheid basiese tamatiesous

Was die vis en klad droog met kombuispapier. Geur met sout en peper. Plaas in die yskas tot nodig.
Kook die lensies in soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer en spoel af onder koue water.
Verhit die 15 ml olie in Žn pan en braai die spek tot ligbruin. Voeg die lensies by en geur na smaak. Laat goed deurwarm word. Verhit die olyfolie en botter in Žn pan en bak die vis tot gaar. Voeg die pie-tersielie by die lensiemengsel en meng goed. Skep die lensiemengsel in Žn opdienbak met die vis bo-op. Bedruip met die tamatiesous. (Genoeg vir vier porsies.)
* Dit is nie nodig om die lensies vooraf te week nie.