Back To main menu click here
Home Up

STOKVISGEREG

Home
Up

GEBAKTE STOKVISGEREG

1,5 kg Gevriesde stokvis
2 Uie
1 Huisie knoffel
25 ml Sonneblomolie
4 Hardgekookte eiers
3 Tamaties
250 g Knopiesampioene
1 blik Hoenderroomsop
60 ml Fyngekapte pietersielie
7 ml Sout
Knippie rooipeper
50 gr Gerasperde cheddarkaas
 

Metode:

Kook vis volgens aanwysings, dreineer, laat afkoel en vlok.
Kap ui en knoffel fyn, sny sampioene in skyfies en braai in olie tot sag.
Sny die eiers fyn en die tamaties in blokkies.
Meng die vis, uie, sampioene, eiers, tamaties, hoenderroomsop, pietersielie en geur met sout en peper,
Skep mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak met volume van 3 liter.
Strooi kaas oor en bak vir 25 minute by 180°C.
As voorgereg lewer dit omtrent 18 porsies.
As hoofgereg omtrent 8 porsies – bedien saam met ‘n slaai en heelgraan brood.