| |
Biltong
en pampoenpot
10 liter
pot
3 kg - nat beesbiltong, in dik skywe gesny
1kg - ontbytspek, gesnipper
1kg - pruimedante, ontpit
half kg - rys
1 koppie - sojasous
2 kg - boerpampeon, in skywe gesny
1 - aftrekselblokkies, beesvleisgeur
2 handevol - cheddarkaas, gerasper
Braai die spek bros en voeg dan die biltong en pruimedante by. Pak eers die rys
en dan die pampoen bo-op. Voeg die sojasous en aangemaakte aftreksel by. Prut
saggies tot die rys en pampoen gaar is. Sprinkel die kaas oor en laat smelt.
|