| |
Fillet Skywe
4
filetskywe van 200g elk
sout en peper
4 sigoreikoppies
400g groot sampioene
4 tamaties
suurlemoensap
roosmaryn
Geur die biefskywe met sout en peper. Halveer die sigorei oorlangs. Vee die
sampioene met 'n klam lap skoon af. Halveer die tamaties. Geur die sigorei en
sampioene met sout en peper en sprinkel suurlemoensap oor. Geur die tamaties met
sout, peper en roosmaryn.
Plaas die biefskywe op die rooster en rooster dit ongeveer 15 minute. Draai die
skywe om, plaas die groente ook op die rooster en rooster dit nog 15 minute.
Lewer 4 porsies.
|