| |
Braaivleis en sous
Vraag:
Is geniet dit baie om buite te eet, maar is steeds opsoek na die perfekte sous
saam met ons braaivleis.
Antwoord:
Probeer hierdie een:
Verhit 1 eetlepel sonneblomolie en braai 1 opgekapte ui met 2 klofies knoffel
stadig in 'n pan totdat dit sag is. Voeg 200g geblikte tamaties, 2 eetlepels
tamatie "ketchup", 30g bruin suiker, 1 eetlepel Worcestershiresous, ½-1 eetlepel
chilli sous, 3 eetlepels rooiwyn asyn en 1 eetlepel mild grain mostert. Bring
tot kookpunt en "simmer" stadig vir 30 minute. Koel af en meng in 'n
voedselprosesseerder of 'n versapper.
|