| |
Kerrieblatjang
2 kg beet
1 liter bruin asyn
6 x 250 ml suiker
45 ml kerriepoeier
4 groot uie, in ringe gesny
sout en peper na smaak
20 ml tot 30 ml mielieblom
Kook die beet, laat afkoel en rasper grof. Plaas die asyn en suiker in
'n kastrol en voeg die kerriepoeier by sodra dit kook. Voeg die uie by
en kook tot deurskynend. Geur met sout en peper. Skep die gerasperde
beet versigtig by en laat deurkook. Maak die mielieblom met 'n bietjie
water aan en voeg by. Roer tot die mengsel verdik. Skep in
gesteriliseerde bottels en hou in die yskas.
|
Heerlike
tamatieblatjang
Mnr.
H. īt Hart van Derdepoortpark wil graag hierdie heerlike tamatieblatjangresep
met ons deel. "Dit is voorwaar 'n lekkerny. Ek is nie eintlik 'n pap-eter
nie, maar met krummelpap en 'n stukkie wors oor die kole gebraai, is dit 'n
treffer. Probeer dit gerus." Dit is 'n resep wat hy by Andrea van Vuren
(Landbouweekblad-man Klasie van Vuren se weduwee) gekry het.
Resep
2 eetlepels sout; 32 ryp tamaties; 8 groot uie; 4 soetrissies; 2 koppies asyn; 2
eetlepels kerriepoeier (mediumsterkte); 1 eetlepel masala; 2 tot 3 koppies
suiker; sout, peper en gemengde kruie na smaak; knoffelsout of 4 knoffelhuisies;
mielieblom (Maizena) om te verdik.
Strooi die sout oor die geskilde tamaties. Laat staan 3 tot 4 uur. Giet die
water af. Skil die uie en soetrissies en voeg by die tamaties. Voeg die asyn by
en kook. Voeg die kerrie, masala, suiker, sout, peper, gemengde kruie en knoffel
by. Laat kook tot die mengsel dik en sag is. Verdik met mielieblom, wat met
water aangemaak is, voor dit van die van die hitte verwyder word. Bottel.
|