Piesangslaai
6 tot 8 groot piesangs
300 - 500 ml piesangjogurt
'n derde tot 'n halwe blikkie kondensmelk
10 ml suurlemoensap
Metode:
 | Die piesangs word in
skyfies gesny en gemeng met die jogurt, kondensmelk
en suurlemoensap. |
 | Jogurt en
kondensmelk kan maar bygevoeg word
volgens smaak. |
 | Die suurlemoensap
verleen nie net lekker smaak nie, maar
keer ook dat die piesangs swart word.
|
 | Die slaai is veral
heerlik wanneer yskoud bedien saam met 'n
lekker braaivleisie. |
Boontjie Slaai
1 Blikkie Sousboontjies
2 Piesangs
1 eetlepel kondsenmelk
Sny die piesangs in skyfies.
Metode (sommer maklik!):
Meng nou die boontjies, piesangs en
die kondensmelk saam en sit in die yskas voor bediening.
|