| |
Tunabrood
10
kraakbeskuitjies (cream crackers)
5 ml gekapte pietersielie
1 geklitste eier
1 blik tuna
10 ml suurlemoensap
sout en peper
Gebruik 'n elektriese braaipan.
Druk die kraakbeskuitjies fyn in 'n sakkie. Vlok die tuna en verwyder grate en
velletjie. Meng al die bestanddele goed. Plaas in 'n goedgesmeerde klein
broodpannetjie, bedek met botter-papier en stoom 1 uur.
Om te stoom: Plass 750 ml koue water en 25 ml asyn in 'n braaipan. Plaas die
rakkie in die pan. Bring die water tot kookpunt en plaas die broodpan op die
rak. Die water moet een derde van die pan vul. Wanneer die water begin kook,
verminder die temperatuur sodat dit liggies kook. As die water wegkook, vul aan
met kookwater. Bedien die broodjie koud met 'n slaai
|