Italiaanse broodrolletjies
Dis 'n maklike én gesonde broodjie vir enige tyd van die dag.
Smeer gehalveerde broodrolletjies met botter en fyngekapte, songedroogde
tamaties en sprinkel met gesnipperde basieliekruid-blaartjies.
Rooster eiervrug- en uie-skywe in olyfolie. Sny vars, ryp tamaties in dikkerige
skywe. Sny mozzarella- of Tusserskaas in dik skywe. Was 'n paar blaarslaaiblare
af en skud droog.
Pak al die bestanddele in lae soos verkies op een helfte van die broodjie. Geur
met sout en peper en plaas die ander helfte bo-op.
Opsioneel: Jy hoef nie die broodjies te botter nie.
Spek, lietsjie
en bloukaas - trio
-
6 ontpitte lietsjies
- 200g bloukaas
- 250g spek repies
Na lietsjies ontpit is, vul lietsjie met bloukaas.
Bind lietsjie en bloukaas toe met spek, en steek vas met tandestokkie.
Braai op kole tot goudbruin
Bedien as versnappering met skemerkelkie