| |
Vleisbrood
750g maalvleis (binneboud)
375 ml witbroodkrummels
2,5 ml fyn gemmer
sout en peper
125 ml water
1 eier
30g margarien
250g hoenderlewer
1 fyngerasperde wortel
2,5 ml gemengde kruie
125 ml melk
250 ml aartappelvlokkies (kits)
1 fyngekapte ui
Gebruik 'n elektriese braaipan.
Maak die fyn aartappels aan deur gebruik te maak van die melk, water en
margarien. Kap die hoenderlewer fyn. Meng al die ander bestanddele goed saam.
Smeer 'n broodpan en druk die mengsel styf vas daarin. Plaas klontjies margarien
bo-op en bedek die pan met botterpapier. Gooi 750 ml water in 'n braaipan en
voeg 25 ml asyn daarby. Bring tot kookpunt. Plaas die pan op 'n draadrakkie en
stoom vir 2 uur. As die water wegkook, vul aan met kookwater. Die water moet net
by kookpunt gehou word en die temperatuur moet dus daarvolgens gehou word.
|